Beëindig dadelik die Konflik!

Spreuke 10:12

Wanneer jy aan jou wrokkigheid vasklou, is daar ‘n oorlog binne-in jou aan die gang. Jy is in ‘n stryd met jouself, sowel as ander mense, gewikkel. Hoe meer jy veg, hoe meer grond verloor jy. Jy kan nie in hierdie situasie wen nie.

Jy sukkel om uit te klaar wie reg en wie verkeerd is. Jy spandeer so baie tyd om wraak te neem, te skree en te baklei dat jy jou vrede en vreugde verloor. Beëindig dadelik die konflik! Weier om nog ‘n dag so te leef. Moenie toelaat dat iemand anders se aksies jou reaksie bepaal nie. ‘Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle.

Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind’ (1 Petrus 5:8). Moenie Satan se volgende maaltyd word nie. Laat die liefde en vrede van God jou gedagtes so baie vul dat dit na ander mense toe oorvloei – insluitend diegene wat jou ontstel het.

Stop en dink: Wil jy regtig soos die persoon wees wat jou seergemaak het? Wat sou Jesus gedoen het? Hy sou sy ander wang gedraai het (sien Matteus 5:39). ‘Maar wat van die mense wat my verkeerd behandel het?’ vra jy.

Wat daarvan? Dis nie jou plig om oordeel oor hulle te fel nie. Daar is net een gekwalifiseerde regter; laat Hom toe om dit te hanteer (sien Jakobus 4:12). Vra God om jou te help om jou woede te laat gaan, om die ander wang te draai en die mense wat jou verkeerd behandel het, te vergewe.

Bid hierdie eenvoudige gebed: ‘Here, ek is kwaad. Help my om dit te laat gaan. Dankie vir die genade wat U my gegee het om die persoon wat my seergemaak het te vergewe. In Jesus se Naam: Amen.’

Spread the Love

Highlighted News:

No Comments

Be the first to start a conversation