As jy Aanhou, sal jy Wen

2 Korintiërs 4:8

Voor jy tou opgooi en wegloop, lees eers die verhaal van Nehemia wat Jerusalem se mure in twee-en-vyftig dae herbou het

  • Eerstens het hy God se hulp gesoek. ‘Maar ons het tot ons God gebid…’ (Nehemia 4:9).
  • Tweedens het hy sy visie beskerm. ‘…Ons het die stad dag en nag bewaak om onsself teen hulle te beskerm’ (vers 9).
  • Derdens het hy geweier om tou op te gooi. ‘…Behoort iemand soos ek vir gevaar weg te vlug?.. Nee, ek sal nie…’ (Nehemia 6:11).

Gandhi het gesê, ‘Jy mag dalk nooit weet wat die resultate van jou aksies is nie , maar as jy niks doen nie, sal daar geen resultate wees nie.’

Ten spyte van die struikelblokke, die vyand en die druk, het Nehemia geweier om tou op te gooi. Paulus het gesê, ‘Mense hou aan om ons te laat swaarkry, maar ons hou aan om te lewe. Ons weet nie altyd wat om te doen nie, maar ons is nie moedeloos nie. Mense wil ons doodmaak, maar God los ons nie…’ (2 Korintiërs 4:8-9).

Thomas Edison het vir die wêreld elektriese lig, mikrofone, batterye, klankfilms, fonograwe en ‘n duisend ander uitvindings gegee. Hier is die beginsels waarvolgens hy gelewe het: Werk om al die kennis wat jy kan oor dit wat jy wil bereik, te kry.

  1. Vestig jou gedagtes op jou doelwit. Hou aan! Soek! Die probleem met die meeste mense is dat hulle tou opgooi nog voor hulle begin.
  2. Hou aan soek, maak nie saak hoeveel keer jy teleurstelling aanvaar nie.
  3. Weier om deur die feit dat iemand anders dieselfde ding probeer en misluk het, beïnvloed te word.
  4. Hou aan glo dat daar erens ‘n oplossing vir jou probleem bestaan, en dan sal jy dit vind.
Spread the Love

Highlighted News:

No Comments

Be the first to start a conversation