Bekommernis is ‘n Mors van Tyd

Filippense 4:6

Om jouself te bekommer, is een van die nutteloosste tydverdrywe waaraan jy kan dink. Jesus self het gevra, ‘Kan al julle bekommernis julle lewe een sekonde langer rek?’ (Matteus 6:27).

Bekommernis is die vyand van rus en verhoudings. Dit bekruip ons en kaap ons gedagtes. Terwyl ons in die publiek aanhou funksioneer, is daar ‘n onheilspellende krag wat binne in ons wegkruip.

Die vyand, genaamd bekommernis, affekteer jou bui, vernietig jou kreatiwiteit en vernietig jou sin van tevredenheid, wat van binne af kom. Hoekom stoei ons so baie met dinge wat ons nie kan verander nie?

‘n Pastoor skryf: ‘Dit het jare geneem voor ek agtergekom het dat ek nie bed toe moet gaan met die helfte van my dag wat nog in my kop ronddraai nie. Ek stoei die hele nag met kwessies wat in elk geval eers in die oggend opgelos kan word. Ek kan jou nie vertel hoeveel keer ek uitgeput en moedeloos by die werk aangekom het nie. Ek was minder effektief, meer gespanne, ek kon nie my volle potensiaal uitleef nie, en dit het ‘n tol van my verhoudings geĆ«is.’

Kan jy saamstem? Hier is God se voorskrif vir bekommernisse: ‘Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen.

As julle so bid, sal julle God se vrede beleef. Hierdie vrede is wonderliker as wat ‘n mens ooit kan dink.

Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas… beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en loofwaardig is… Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees’ (Filippense 4:6-9).

Laat God jou vandag vrymaak van bekommernis.

Spread the Love

Highlighted News:

No Comments

Be the first to start a conversation