Wys jou Liefde

1 Tessalonisense 3:12

C.W. Vanderbergh het geskryf, ‘Om die hele wêreld lief te hê is nie ‘n probleem nie. My enigste ware probleem is my buurman.’

Die meeste besighede sal groot voordeel trek as base hulle werknemers werklik liefhet, en die werknemers weet dit.

Die meeste huwelike sal gelukkiger wees as eggenote kon sien en hoor dat hulle maats hulle waarlik liefhet. Die meeste families sal gelukkiger wees, as ouers hulle kinders heeltyd liefdevol behandel.

Tim Sanders, wat “Love is the Killer App: How to Win Business and Influence Friends” geskryf het, leer ons dat liefde die kritiese element is in ons soeke na persoonlike en professionele sukses. Hy sê verder dat as die lewe soos ‘n iPhone was, sal liefde die eerste app wees wat jy sou moet aflaai.

Die grootste leiers is die liefdevolle leiers – hulle volgelinge, vriende en werknemers weet dat hulle hul beste belange op die hart dra.

Dink daaroor: Sou jy sê dat die mense wat die grootste en blywendste impak op jou lewe gemaak het, die mense is wat jou werklik liefgehad het en vir jou omgegee het? Natuurlik sou jy! Dis ook hoe jy ander mense moet behandel.

Die een lied lui as volg: ‘Love wasn’t put in your heart to stay; love isn’t love till you give it away’.

Hier is vier goeie redes om ‘Ek is lief vir jou’ op ‘n gereelde basis te sê:

  1. Jy het nodig om dit te sê.
  2. Jy het nodig om jouself dit te hoor sê.
  3. Ander mense het nodig dat jy dit sê.
  4. Jy het nodig dat ander mense dit vir jou sê.

Moet dus nie bang wees om daardie vier klein woordjies te sê nie! As jy dit begin doen, sal jy nooit weer terugkyk nie!

Spread the Love

Highlighted News:

No Comments

Be the first to start a conversation